Exodus 20:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het vir Moses gesê: So moet jy aan die kinders van Israel sê: Julle het gesien dat Ek met julle uit die hemel gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle het self ervaar hoe Ek uit die hemel met julle praat.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.
Afrikaans 1983 Toe sê die Here vir Moses: “So moet jy vir die Israeliete sê: Julle het nou self ervaar dat Ek uit die hemel met julle kom praat het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “So moet jy vir die Israeliete sê, ‘Julle het self gesien dat Ek uit die hemel met julle praat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê hy moet vir die Israeliete sê: “Julle het self gehoor dat Ek met julle uit die hemel gepraat het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het vir Moses gesê om met die Israeliete te praat: “Julle het nou self gesien wat gebeur as Ek van bo uit die hemel met julle praat.