Exodus 20:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele volk het die donderslae en die weerligstrale en die geluid van die basuin en die rokende berg gesien; en toe die volk dit sien, het hulle weggetrek en van ver af gaan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volk het baie bang geword toe hulle hoor hoe die donderweer rammel, die trompet geblaas word en sien hoe die rook uit die berg borrel. Hulle het op ’n afstand gaan staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op 'n afstand bly staan. |
| Afrikaans 1983 | Toe die volk die donderslae en die klank van die ramshoring hoor, en die weerligte en die rook op die berg sien, het hulle van angs gebewe en op 'n afstand bly staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die hele volk die donderslae hoor en die weerlig sien, asook die geluid van die •ramshoring, en die berg wat rook, was hulle bang en het gebewe. Hulle het op 'n afstand bly staan |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense het die donderweer en die ramshoring gehoor. Hulle het ook die weerlig gesien en die berg wat vol rook is. Toe die mense dit sien, het hulle gebewe en hulle het ver weg bly staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volk het baie bang geword toe hulle die donderweer hoor en die blitse sien. Hulle het gebewe toe hulle sien hoe vol rook die berg is en hoor hoe hard die trompet blaas. Hulle het gebewe, so bang was hulle. Hulle het gesorg dat hulle op ’n afstand bly staan. |