Exodus 20:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, ook nie sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of enigiets wat jou naaste s'n is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy moenie afgunstig raak op ’n ander se eiendom nie. Jy moenie sy vrou, sy manlike of vroulike werkers, sy beeste of sy donkies of enigiets wat hy besit vir jouself begeer nie.”
Afrikaans 1933/1953 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie. Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, ook nie sy slawe en slavinne, sy beeste en donkies nie – enigiets wat aan jou naaste behoort nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy mag nie 'n ander mens se huis vir jouself wil hê nie. Jy mag nie 'n ander man se vrou vir jouself wil hê nie, ook nie sy slaaf of slavin, sy bees of sy donkie, of enige iets wat aan 'n ander mens behoort nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Moenie afgunstig raak op iemand anders se besittings nie. Jy moenie wens dat sy vrou of sy werkers, sy bees of sy donkie, eerder aan jou behoort het nie. Jy moenie jaloers wees op die dinge wat iemand anders het en dink dat jy dit eerder moes besit het nie.”