Exodus 20:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag gerus; daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het in ses dae die hemel, die aarde, die see en alles wat daarin is, gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom. Om daardie rede het die Here die sewende dag geseën en vir Homself eenkant gesit as sy heilige dag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseënen dit geheilig. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde en die see gemaak, en alles wat daarin is, maar op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en dit geheilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het ses dae lank die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, maar op die sewende dag het Hy nie gewerk nie. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en Hy het dit 'n gewyde dag gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het die lug, die grond en die see met alles wat daarin bly, binne ses dae gemaak. Op die sewende dag het die Here gerus. Die Here het daarom van die sewende dag iets besonders gemaak en dit vir Hom eenkant gesit. |