Exodus 20:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die sewende dag is die sabbatdag van die HERE jou God; daarop mag jy geen werk doen nie, jy of jou seun of jou dogter, jou dienskneg of jou diensmaagd of jou vee of jou vreemdeling wat in jou is hekke: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sewende dag is die Here jou God se rusdag. Niemand in jou huis mag op daardie dag aangaan met gewone werk nie. Dit sluit in: jy, jou seuns en dogters, jou manlike en vroulike slawe, die vee wat aan jou behoort en alle buitelanders wat by jou oorbly. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy g,,n werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. |
| Afrikaans 1983 | maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar die sewende dag is 'n Sabbat ter ere van die Here jou God. Jy mag geen werk doen nie, nie jy en jou seun en jou dogter, jou slaaf en jou slavin, jou diere en jou •vreemdeling wat by jou is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die sewende dag is die Sabbatdag van jou God die Here. Dan mag jy niks werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter, of jou slaaf of slavin, of jou diere of die vreemdelinge wat by jou woon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die sewende dag is die Here jou God se dag. Jy, jou kinders, die man en vrou wat vir jou werk, jou vee en die buitelander wat by jou bly, nie een van hulle mag op die sewende dag met elke dag se werk aangaan nie. |