Exodus 19:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek kom na jou in 'n dik wolk, sodat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en jou vir ewig kan glo. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE vertel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe vir Moses gesê: “Ek gaan in ’n swaar wolk na jou toe kom sodat die volk kan hoor hoe Ek met jou praat. Hulle sal jou dan altyd vertrou.” Nadat Moses aan die Here oorvertel het wat die volk alles gesê het, |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in 'n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jou kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Here vir Moses gesê: “Ek kom na jou toe in 'n donderwolk. Die volk sal My kan hoor wanneer Ek met jou praat en dan sal hulle altyd vertroue in jou hê.” Toe Moses alles wat die volk geantwoord het, aan die Here gaan meedeel het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Kyk, Ek gaan na jou kom in 'n digte wolk, sodat die volk kan hoor wanneer Ek met jou praat en hulle jou dan ook altyd kan vertrou.” Daarop het Moses die antwoord van die volk aan die Here oorgedra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal na jou toe kom in 'n donker wolk sodat die mense kan hoor wanneer Ek met jou praat. Dan sal hulle jou altyd glo.” Toe het Moses vir die Here vertel wat die volk gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat Moses vir die Here gesê het hoe die volk geantwoord het, het die Here vir hom gesê: “Ek gaan in ’n dik onweerswolk na jou toe kom sodat die volk kan hoor hoe dit klink wanneer Ek met jou praat. Hulle sal jou dan vertrou omdat hulle weet dat Ek met jou praat. |