Exodus 19:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele volk het saam geantwoord en gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE teruggegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volk het toe soos uit een mond gesê: “Ons sal alles doen wat die Here vir ons gesê het.” Moses het aan die Here gaan rapporteer hoe die volk op sy opdrag gereageer het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die volk soos een man geantwoord: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen.” Moses het vir die Here gaan sê wat die volk geantwoord het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele volk het eenparig geantwoord; hulle het gesê: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen.” Moses het die volk se antwoord na die Here teruggeneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense het saamgestem en gesê: “Ons sal alles doen wat die Here gesê het.” Moses het vir die Here gaan vertel wat die volk gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hele volk het toe gesê asof hulle almal net met een mond praat: “Ons sal alles doen wat die Here van ons vra.” Moses het teruggegaan en vir die Here gaan sê wat hulle reaksie was. |