Exodus 19:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Moses gekom en die oudstes van die volk geroep en al hierdie woorde wat die HERE hom beveel het, voor hulle aangesig gelê.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe van die berg af geklim en die leiers van die volk bymekaargeroep. Hy het vir hulle alles vertel wat die Here hom beveel het.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.
Afrikaans 1983 Moses het toe afgeklim en die leiers van die volk bymekaargeroep en vir hulle alles vertel wat die Here hom beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het gegaan, die oudstes van die volk ontbied, en aan hulle al hierdie woorde wat die Here hom beveel het, voorgehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het afgekom van die berg en hy het die leiers van die Israeliete geroep. Hy het alles vir hulle vertel wat die Here vir hom gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het van die berg afgeklim en die leiers van die volk bymekaargeroep. Hy het die Here se boodskap vir hulle gegee.