Exodus 19:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As julle dan nou werklik na my stem luister en my verbond nakom, sal julle vir My 'n eiendomsskat wees bo al die mense, want die hele aarde is myne.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle regtig gehoorsaam is aan My en vashou aan my verbond met julle, sal julle my persoonlike volk wees tussen al die nasies van die wêreld. Die hele wêreld behoort aan My, maar julle sal in besonder die nasie wees wat aan My toegewy is.
Afrikaans 1933/1953 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
Afrikaans 1983 [5-6] As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, 'n koninkryk wat My as priesters dien, en 'n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.’ Dit is wat jy aan die Israeliete moet vertel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As julle dan nou getrou luister na my stem en my verbond nakom, dan sal julle onder al die volke my persoonlike eiendom wees, al behoort die hele aarde aan My.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle nou gehoorsaam is en doen wat Ek sê, en as julle my verbond hou, dan sal julle my eie volk wees, want die hele aarde is Myne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [5-6] As julle regtig aan My gehoorsaam is en by my ooreenkoms met julle bly, sal julle uit al die volke van die hele aarde my eie persoonlike volk wees. Julle sal ’n volk wees van mense wat vir My offers bring en My dien. Julle sal ’n volk wees wat alles vir My doen.’ Dit is my boodskap wat jy vir die Israeliete moet gaan gee.”