Exodus 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle het gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en hoe Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Julle het gesien wat Ek met die Egiptenaars gemaak het en hoe Ek julle as’t ware op die vlerke van ’n arend opgelig het en hier na My toe gedra het.
Afrikaans 1933/1953 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
Afrikaans 1983 “ ‘Julle het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het, en hoe Ek julle soos op arendsvlerke veilig gedra en na My toe gebring het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenare gedoen het, en hoe Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My gebring het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle het self gesien wat Ek met die Egiptenaars gedoen het. Ek het julle beskerm en gedra soos 'n arend haar kleintjies op haar vlerke dra. Ek het julle na My toe gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ‘Julle het gesien wat Ek met Egipte gemaak het. Ek het julle veilig hier by hierdie berg laat uitkom. Ek was soos ’n arend wat onder haar kuiken vlieg en keer dat hy val wanneer die kuiken leer vlieg.