Exodus 19:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir hom: Gaan weg, klim af, en jy moet opklim, jy en Aäron saam met jou; maar laat die priesters en die volk nie deurbreek om na die HERE op te kom nie, dat Hy nie teen hulle uitbreek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het hom geantwoord: “Klim af en bring Aäron saam met jou terug. Die priesters en die volk mag egter nie in die afgebakende gebied kom om hiernatoe op te klim nie. Ek sal hulle beslis straf.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê die HERE vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die HERE toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.
Afrikaans 1983 Toe het die Here vir hom gesê: “Gaan nou af en kom dan saam met Aäron terug. Die priesters en die volk mag nie deurbreek en opklim na My, die Here, toe nie, want dan sal Ek hulle laat sterf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het hom geantwoord: “Gaan af, en kom dan weer op, jy en Aäron saam met jou. Maar die priesters en die volk moet nie deur die grens breek om na die Here op te klim nie, anders slaan Hy hulle uitmekaar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Gaan nou af en bring vir Aäron saam met jou terug. Maar die priesters en die ander mense mag nie opklim na My toe nie, want dan sal Ek hulle laat sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Goed,” sê die Here vir Moses, “gaan dan nou terug en dan kom jy weer en bring hierdie keer vir Aäron saam met jou. Maar onthou, die mense wat die offers bring en die mense van die volk mag nie verby daardie lyn kom wat jy gespan het nie. Hulle mag nie na die Here probeer opklim nie. As hulle dit doen, sal Ek hulle doodmaak.”