Exodus 19:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses vir die HERE: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons bevel gegee en gesê: Stel grense rondom die berg en heilig dit.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe vir die Here gesê: “Die volk kan nie op die Sinaiberg klim nie. U het ons mos beveel om die berg af te sper en vir U af te sonder.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit.
Afrikaans 1983 Moses het die Here geantwoord: “Die volk kan nie Sinaiberg bestyg nie, want U self het ons gewaarsku om 'n grens rondom die berg vas te stel en daarvan af weg te bly.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het vir die Here gesê: “Die volk kan nie die berg Sinai uitklim nie, omdat U self ons gewaarsku het, ‘Baken die berg af en verklaar dit heilig.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir die Here gesê: “Die mense mag nie opgaan teen Sinai-berg nie. U het ons gewaarsku om nie op te gaan teen die berg nie, want die berg is gewyd.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het vir die Here gesê: “Die volk kan nie hier teen die berg uitklim nie. U het ons tog self gewaarsku om dit af te sper omdat dit die plek is wat vir U eenkant gehou word.”