Exodus 19:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Gaan af, gee die volk bevel, dat hulle nie na die HERE deurbreek om te aanskou en baie van hulle omkom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het vir Moses gesê: “Klim weer af en gaan waarsku die volk om nie in die afgebakende gebied in te gaan om na die Here te kyk nie. Baie van hulle sal dan doodgaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na die HERE toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie. |
| Afrikaans 1983 | en die Here het vir hom gesê: “Gaan af, waarsku die volk dat hulle nie deurbreek na My, die Here, toe om na My te kyk nie, want dan sal baie van hulle sterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Gaan af en waarsku die volk, anders breek hulle deur die grens na die Here om te kyk, en kom daar baie van hulle om. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en die Here het vir hom gesê: “Gaan af en waarsku die mense. Sê hulle moenie opklim na My toe nie. Die mense wat na My kyk, sal sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en die Here het daar vir hom gesê: “Klim af en gaan waarsku die volk dat hulle nie by die lyn wat jy om die berg gespan het, moet probeer verbykom nie. Hulle moet nie kom probeer kyk hoe die Here lyk nie. Almal wat by die lyn probeer verbykom, sal dood neerval. |