Exodus 19:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die berg Sinai het heeltemal gerook, omdat die HERE in vuur daarop neergedaal het; en sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het baie gebewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele Sinaiberg was toe onder die rook toe die Here daarna toe afgekom het in ’n vuur. Die rook het die lug in geborrel soos rook uit ’n oond. Die hele berg het verskriklik geskud. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in 'n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. |
| Afrikaans 1983 | Die hele Sinaiberg het begin rook toe die Here in vuur daarheen afkom; die rook het opgetrek soos die rook van 'n oond. Die hele berg het ook geweldig geskud, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele berg Sinai het in rook gestaan, omdat die Here in vuur daarop neergedaal het. Die rook het opgestyg soos rook uit 'n oond. Die hele berg het hewig geskud, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hele Sinai-berg was vol rook omdat die Here in 'n vuur afgekom het op die berg. Die rook het in die lug opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het baie gebewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het afgekom na die berg toe. Daar was vuurvlamme om Hom. Die hele berg Sinai was toe onder die rook. Dit was soos die rook wat uit ’n oond borrel. Die hele berg het geskud. |