Exodus 19:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die derde dag in die môre was daar donderslae en weerligstrale en 'n digte wolk op die berg, en die stem van die basuin baie hard; sodat al die mense wat in die laer was, gebewe het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vroeg die oggend van die derde dag was daar donderslae en weerlig. ’n Dik wolk het oor die berg gehang. ’n Trompet het baie hard geblaas. Die volk in die laer was doodbang. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. |
| Afrikaans 1983 | Met dagbreek die derde dag was daar donderslae, weerligte en 'n donker wolk op die berg. Daar was ook die sterk, helder klank van 'n ramshoring. Die hele volk in die kamp het gebewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die derde dag, toe dit oggend word, was daar donderslae en weerlig en 'n swaar wolk oor die berg, en ook die baie harde geluid van 'n ramshoring. Die hele volk in die kamp het gebewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die derde dag, toe dit oggend word, was daar donderweer en weerlig en 'n donker wolk op die berg. Die Israeliete het gehoor iemand blaas die ramshoring baie hard. Almal in die kamp was baie bang en hulle het gebewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die oggend van die derde dag was daar donderslae en weerlig. Daar het swaar, donker wolke oor die berg gehang. ’n Trompet het baie hard geblaas. Die hele volk het begin bewe daar in die kamp. |