Exodus 19:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moses het toe van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig; en hulle het hul klere gewas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses is toe van die berg af na die volk toe. Hy het hulle gereed gekry om God te ontmoet. Hulle moes hulle klere was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas. |
| Afrikaans 1983 | Moses is toe die berg af na die volk toe. Hy het hulle beveel om hulle te reinig en hulle klere te was |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het van die berg afgekom na die volk. Hy het die volk geheilig, en hulle het hulle klere gewas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het afgekom van die berg en hy het na die mense toe gegaan. Hy het hulle gereinig en gesê hulle moet hulle klere was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe van die berg afgeklim. Hy het teruggegaan na die volk toe en hulle aangesê om hulle gereed te kry om die Here te ontmoet. Hulle het hulleself begin regkry en hulle klere gewas. |