Exodus 19:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet aan die volk rondom die grense stel en sê: Pas op vir julleself dat julle nie op die berg klim of die grens daarvan aanraak nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Baken die berg reg rondom af. Waarsku hulle: ‘Pas op! Moenie op die berg klim nie. Enigeen wat in die afgebakende deel ingaan, sal beslis doodgemaak word.
Afrikaans 1933/1953 Ook moet jy vir die volk 'n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.
Afrikaans 1983 Jy moet rondom die berg vir die volk 'n grens vasstel en vir hulle sê: Julle moet oppas om nie op die berg te klim of selfs aan sy helling te raak nie. Elkeen wat aan die berg raak, moet beslis doodgemaak word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Baken rondom die berg 'n grens vir die volk af en sê vir hulle, ‘Wees versigtig dat julle nie teen die berg opklim, en selfs aan die voet daarvan raak nie. Elkeen wat aan die berg raak, moet beslis doodgemaak word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy moet vir die mense sê tot waar hulle mag gaan. Hulle mag nie teen die berg opgaan of aan sy kant raak nie. As iemand aan die berg raak, dan moet hy sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet ’n tou om die berg span om die volk van die berg af weg te hou. Jy moet vir hulle sê dat jy enigeen wat op die berg klim, sal doodmaak. Hulle mag selfs nie eens tot onder by die voet van die berg kom nie.