Exodus 19:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die derde maand, toe die kinders van Israel uit Egipteland uitgetrek het, op dieselfde dag het hulle in die woestyn Sinai gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het in die woestyn van Sinai aangekom presies twee maande nadat hulle uit Egipte weg is.
Afrikaans 1933/1953 In die derde maand ndie uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom --
Afrikaans 1983 Presies drie maande na hulle uittog uit Egipte het die Israeliete in die Sinaiwoestyn aangekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die derde maand ná die Israeliete se uittog uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die Sinaiwoestyn aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Presies drie maande nadat die Israeliete weggegaan het uit Egipte, het hulle in die Sinai-woestyn gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [1-2] Die Israeliete het van Rafidim af verder getrek. Toe hulle presies drie maande uit Egipte weg was, het hulle in die Sinaiwoestyn aangekom. Hulle het aan die voet van berg Sinai kamp opgeslaan.