Exodus 18:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het sy skoonvader vertel alles wat die HERE aan Farao en die Egiptenaars gedoen het ter wille van Israel, en al die moeite wat hulle op die pad oorgekom het, en hoe die HERE hulle verlos het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het vir sy skoonpa haarfyn vertel van alles wat die Here met die farao en Egipte laat gebeur het ter wille van Israel. Hy het ook vertel van al die probleme wat hulle langs die pad teëgekom het en hoe die Here hulle daarmee gehelp het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die HERE aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die HERE hulle verlos het. |
| Afrikaans 1983 | Daar het Moses vir sy skoonpa alles vertel wat die Here aan die farao en aan Egipte gedoen het ter wille van Israel, en ook van al die ontberings wat die Israeliete op pad gehad het en hoe die Here hulle bevry het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het sy skoonvader alles vertel wat die Here aan die farao en aan die Egiptenare gedoen het ter wille van Israel, en van al die moeilikhede wat hulle op pad ondervind het, en hoe die Here hulle uitgered het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het vir sy skoonpa alles vertel wat die Here met die farao en die Egiptenaars gedoen het omdat die Here die Israeliete wou help. Hy het ook vertel van al die probleme wat die Israeliete gehad het voordat hulle by die berg van God gekom het, en hoe die Here hulle gered het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het sy skoonpa uitvoerig vertel wat die Here alles met die farao en met Egipte laat gebeur het om Israel te bevry. Hy het hom ook vertel van al die probleme wat hulle langs die pad gehad het en hoe die Here hulle daaruit gehelp het. |