Exodus 18:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel, owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het uit die hele Israel bekwame manne gekies en hulle as leiers oor die volk aangestel oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel -- owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien. |
| Afrikaans 1983 | Moses het bekwame manne uit Israel gekies en hulle aangestel as hoofde oor die volk: leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het onder die hele Israel bekwame manne uitgesoek, en hulle as hoofde oor die volk aangestel, as aanvoerders oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het uit al die stamme van Israel manne gekies wat weet wat om te doen, en hy het hulle leiers gemaak oor die volk. Daar was leiers van 1 000 mense, van 100 mense, van 50 mense en van tien mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het mans uit die hele Israel aangestel wat reg was om die werk te doen. Hy het een van hulle vir elke 1 000, of 100, of 50 of tien mense aangewys. |