Exodus 18:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As jy hierdie ding doen en God jou so beveel, dan sal jy kan volhard, en ook hierdie hele volk sal in vrede na hulle plek toe gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy so maak en God jou lei om dit so te doen, sal jy die vrag kan dra en almal sal tevrede wees.”
Afrikaans 1933/1953 As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.
Afrikaans 1983 As God jou beveel om dit so te doen, sal jy met die werk kan aanhou, en al hierdie mense sal dan tevrede huis toe gaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jy dít doen, en as God jou so beveel, sal jy staande kan bly, en al hierdie mense sal ook tevrede na hulle blyplekke kan gaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy doen wat ek sê, en as God ook sê jy moet dit so doen, dan sal jy kan aanhou om die werk te doen. Al die mense sal ook tevrede huis toe gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit volgens God se wil is, kan jy die sake van nou af so hanteer. Dit sal jou werk maklik maak. Die volk sal terselfdertyd dan ook meer tevrede gestel kan word.”