Exodus 18:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En laat hulle die volk oordeel op alle tye; en elke groot saak sal hulle na jou toe bring, maar elke klein saak moet hulle oordeel; so sal dit vir jou makliker wees, en hulle sal die las saam met jou dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle moet dan as regters optree in die alledaagse sake. Vir groter sake moet hulle na jou toe kom. Die gewone sake kan hulle self hanteer. Hulle sal die las van jou skouers afhaal en dit saam met jou dra.
Afrikaans 1933/1953 en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.
Afrikaans 1983 Hulle moet deurentyd vir die volk hofsittings hou. Die belangrike sake moet na jóú verwys word, en die geringes moet húlle oplos. Dit sal vir jou makliker wees as hulle die verantwoordelikheid saam met jou dra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle moet te alle tye die volk se regsake behartig. Elke groot saak moet hulle na jou bring, maar oor elke klein saak moet hulle self beslis. Maak dit ligter vir jouself, en laat hulle saam met jou die las dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle kan dan na die mense se probleme luister. Die leiers kan al die groot probleme na jou toe bring en hulle kan self na al die klein probleme luister. Dan sal dit vir jou makliker wees, en so kan hulle jou help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Stel hulle as voltydse regters oor die volk aan. Hulle kan die groter sake dan na jou verwys. Die kleiner sake kan hulle sommer self verhoor. So kan julle saam die vrag dra. Dit sal sake vir jou makliker maak.