Exodus 18:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder moet jy uit die hele volk bekwame manne voorsien wat God vrees, manne van waarheid, wat hebsug haat; en stel sulkes oor hulle, as owerstes oor duisend en owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar jy moet ook uit die volk bekwame en eerlike manne kry wat vir die Here wil werk en nie omkoopgeld sal aanvaar nie. Jy moet hulle aanstel om regters te wees oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel die aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien; |
| Afrikaans 1983 | Verder moet jy onder die volk bekwame manne uitsoek, dienaars van die Here, mense wat die waarheid liefhet en nie hulle eie voordeel soek nie. Dan moet jy hulle oor die volk aanstel as leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar wees jy op die uitkyk na bekwame manne onder die hele volk, betroubare manne wat ontsag het vir God, wat 'n weersin het in oneerlike wins. Stel hulle oor die volk aan as •aanvoerders oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet uit die hele volk manne kies wat weet wat om te doen en wat vir God eer. Hulle moet eerlik wees en nie net vir hulleself sorg nie. Hulle moet dan die leiers wees, leiers van 1 000 mense, of van 100 mense of 50 mense of tien mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vir die beslissing oor hulle verskille moet jy mans uit die volk aanstel wat as regters kan optree. Stel een man aan vir elke 1 000 mense of selfs vir elke 100 of 50 of tien mense. Hulle moet goed genoeg wees om die werk te kan doen. Hulle moet respek hê vir God en vir die waarheid. Iemand moet hulle nie met geld kan omkoop nie. |