Exodus 18:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet hulle insettinge en wette leer en hulle die weg wys waarop hulle moet loop, en die werk wat hulle moet doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy moet voortgaan om hulle in te lig oor God se wette en sy voorskrifte. Leer hulle hoe hulle moet lewe en wat hulle moet doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen. |
| Afrikaans 1983 | Druk die volk die voorskrifte en wette op die hart, leer hulle die pad wat hulle moet loop en wat hulle moet doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarsku hulle oor die vaste voorskrifte en wette, en lig hulle in oor die pad wat hulle moet volg en die werk wat hulle moet doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir hulle leer wat God wil hê hulle moet doen. Jy moet vir hulle wys hoe om reg te lewe en wat hulle moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wys die volk op die wette en die voorskrifte. Gaan aan om vir hulle te wys hoe hulle moet lewe en wat hulle moet doen. |