Exodus 18:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister nou na my stem, Ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees: Wees jy vir die volk by God, dat jy die oorsake na God kan bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister nou na my raad. Mag God jou help om die volk by Hom te verteenwoordig. Jy moet voortgaan om hulle probleme na Hom toe te bring vir uitsluitsel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake voor God, |
| Afrikaans 1983 | Luister nou na my raad en mag God jou bystaan! Jy moet die volk se verteenwoordiger by God wees en alle sake voor Hom bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister nou na my! Ek sal vir jou raad gee, en mag God met jou wees! Tree jy vir die volk in by God, en bring jy die sake voor God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister nou na wat ek vir jou sê. Ek sal vir jou sê wat jy moet doen, en God sal jou help. Jy moet met God praat oor die mense, en jy moet hulle probleme na God toe bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Luister nou na goeie raad. Mag die Here daarmee saamstem. Jy moet nog steeds namens die volk met die Here gaan praat. Gaan aan om met hulle sake na God toe te gaan en vir Hom te vra wat reg is. |