Exodus 18:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer hulle 'n saak het, kom hulle na my toe; en Ek oordeel tussen mekaar, en Ek maak hulle bekend die insettinge van God en sy wette. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As daar ’n geskil is tussen twee partye, gee ek uitspraak. Ek sê vir die volk wat God besluit het en wat God wil hê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As hulle 'n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak. |
| Afrikaans 1983 | As hulle in sake betrokke raak, kom hulle na my toe. Ek lewer dan uitspraak oor die geskille tussen hulle en maak terselfdertyd God se voorskrifte en wette aan hulle bekend.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer hulle 'n geskil het, kom dit voor my; dan beslis ek tussen die persoon en sy naaste, en maak God se vaste voorskrifte en wette bekend.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer hulle probleme met mekaar het, dan kom hulle na my toe. Ek sê wie is reg en wie is verkeerd. So leer ek vir hulle wat God wil hê hulle moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer hulle van mekaar verskil oor ’n saak, kom hulle na my toe. Ek moet vir hulle leer wat in God se wette staan en vir hulle volgens die Here se reëls sê wie is reg en wie is verkeerd.” |