Exodus 18:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volgende dag het Moses gesit om die volk te oordeel, en die volk het van die môre tot die aand by Moses gestaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tougestaan.
Afrikaans 1933/1953 En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.
Afrikaans 1983 Toe Moses die volgende dag gaan sit om hofsake te verhoor, het daar van die oggend af tot die aand toe mense vir hom gestaan en wag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende dag het Moses gaan sit om as regter op te tree vir die mense. Die mense het van die oggend af tot die aand toe om Moses gestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het die volgende dag begin om te luister na die mense wat probleme het met mekaar, en om te oordeel wie is reg. Die mense het van die oggend tot die aand na Moses toe gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende dag moes Moses as regter optree. Hy moes na die sake luister wat die mense van die volk teen mekaar gehad het en daaroor uitspraak lewer. Die mense het tou gestaan van vroeg tot laat en lank gewag vir hulle beurt.