Exodus 18:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jetro, Moses se skoonvader, het 'n brandoffer en slagoffers vir God geneem, en Aäron het gekom en al die oudstes van Israel om saam met Moses se skoonvader brood te eet voor God.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses se skoonpa, Jetro, het toe ’n brandoffer voorberei en vir die Here geoffer. Aäron en al die oudste mans het gekom en saam met Jetro ’n offerete tot eer van God geëet.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, 'n brandoffer en slagoffers geneem tot eer van God. En Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader brood te eet voor die aangesig van God.
Afrikaans 1983 Jetro, Moses se skoonpa, het brandoffers en ander diereoffers vir God gebring, en daarna het Aäron en al die Israelitiese leiers gekom om saam met Moses se skoonpa aan die offermaaltyd deel te neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jetro, Moses se skoonvader, het toe 'n •brandoffer en slagoffers geneem om voor God te bring. Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om in die teenwoordigheid van God 'n maaltyd te eet saam met Moses se skoonvader.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jetro, Moses se skoonpa, het 'n brand-offer en ander offers vir God gebring. Aäron en al die leiers van die Israeliete het gekom om die offer-ete saam met Moses se skoonpa te eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses se skoonpa, Jetro, het toe ’n offer wat verbrand word en ook gewone offers van diere wat geslag word, vir God gebring. Aäron en die leiers van Israel het ook gekom en saam met hom die offer-ete geëet waarmee hulle die Here geloof en grootgemaak het.