Exodus 18:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jetro: Geloofd sy die HERE wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk verlos het onder die hand van die Egiptenaars. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jetro het toe gesê: “Loof die Here! Hy het julle bevry uit die greep van Egipte en die farao. Hy het die volk gered uit die kloue van Egipte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het. |
| Afrikaans 1983 | [10-11] Toe het Jetro gesê: “Aan die Here kom die lof toe! Dit is Hy wat julle bevry het uit die mag van Egipte en die farao. Nou besef ek dat die Here groter is as enige ander god, want toe die Egiptenaars vermetel teen die volk van die Here opgetree het, het Hy hulle uit Egipte se mag bevry.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jetro het gesê: “Die Here moet geprys word, Hy wat julle gered het uit die hand van die Egiptenare en van die farao, en wat die volk onder die hand van die Egiptenare uit gered het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jetro het gesê: “Ek prys die Here wat julle gered het van die Egiptenaars en van die farao. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jetro het gesê: “Loof die Here! Hy het julle uit die greep van Egipte en uit die hand van die farao bevry. Hy het sy volk uit die kloue van Egipte geruk. |