Exodus 18:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Jetro, die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor van alles wat God aan Moses en sy volk Israel gedoen het, en dat die HERE Israel uit Egipte uitgelei het;
Afrikaans (NLV) 2011 Moses se skoonpa, Jetro, die priester van Midian, het gehoor van alles wat God vir Moses en sy volk gedoen het. Hy het gehoor hoe die Here hulle uit Egipte verlos het.
Afrikaans 1933/1953 Toe Jetro, die priester van M¡dian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het -- dat die HERE Israel uit Egipte uitgelei het --
Afrikaans 1983 Jetro, priester van Midian en skoonpa van Moses, het gehoor wat die Here God alles vir sy volk Israel en vir Moses gedoen het toe die Here die Israeliete uit Egipte bevry het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jetro, priester van Midian, en die skoonvader van Moses, het alles gehoor wat God vir Moses en vir sy volk Israel gedoen het – hoe die Here Israel uit Egipte uitgelei het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jetro was die priester van die land Midian en hy was Moses se skoonpa. Hy het alles gehoor wat God vir Moses en vir die Israeliete gedoen het toe Hy hulle uit Egipte gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses se skoonpa was mos Jetro. Hy het in Midian vir die Here gewerk en Hom met offers gedien. Hy het gehoor wat God alles met sy volk en met Moses laat gebeur het. Hy het gehoor hoe die Here Israel laat wegtrek het uit Egipte.