Exodus 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses vir Josua: Kies vir ons manne uit en trek uit, veg teen Amalek; môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses sê toe vir Josua: “Kies vir ons manskappe dat ons teen Amalek kan gaan veg. Ek sal môre bo-op die koppie gaan staan met die stok wat God vir my gegee het in my hand.”
Afrikaans 1933/1953 En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. M“re sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.
Afrikaans 1983 het Moses vir Josua gesê: “Kies vir ons manskappe en gaan veg môre teen die Amalekiete. Dan sal ek op die top van die heuwel gaan staan met die kierie wat God my gegee het, in my hand.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het Moses vir Josua gesê: “Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal ek op die heuweltop gaan staan met die staf van God in my hand. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir Josua gesê: “Kies vir ons manne en gaan maak môre oorlog teen die Amalekiete. Ek sal bo-op die heuwel gaan staan, en Ek sal die kierie van God in my hand hou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het vir Josua gesê: “Kies vir jou die manne uit met wie jy teen die Amalekiete kan gaan veg. Ek sal môre bo-op die koppie gaan staan. Ek sal die kierie wat God vir my gegee het in my hand hou.”