Exodus 17:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die plek Massa en Meriba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE onder ons of nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het daardie plek toe “Massa en Meriba” genoem, want die Israeliete het daar met Moses rusie gemaak. Hulle het die Here uitgetart toe hulle gevra het: “Gaan die Here ons ooit help?” |
| Afrikaans 1933/1953 | en die plek Massa en M,riba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie? |
| Afrikaans 1983 | Hy het die plek Massa en Meriba genoem omdat die Israeliete daar met Moses rusie gemaak het en ook omdat hulle die geduld van die Here op die proef gestel het toe hulle gesê het: “Is die Here by ons of nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die plek Massa en Meriba genoem, na aanleiding van die Israeliete se verwyte, en omdat hulle die Here uitgedaag het deur te sê: “Is die Here in ons midde of nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die plek “ Massa en Meriba” genoem omdat die Israeliete vir Moses beskuldig het en omdat hulle die Here kwaad gemaak het. Hulle het gevra: “Is die Here by ons of is Hy nie by ons nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die plek Massá (dit beteken “uittart”) en Meriba (dit beteken “rusie”) gedoop. Die Israeliete het daar met hom rusie gemaak. Hulle het die Here se geduld beproef toe hulle gevra het: “Is die Here nog by ons of het Hy al lankal weggeraak?” |