Exodus 17:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek sal daar voor jou op die rots by Horeb staan; en jy moet die rots slaan, en daar sal water daaruit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Slaan met jou stok op die rots by Horeb. Ek staan daar en wag vir jou. Daar sal water uit die rots kom dat die volk kan drink.” Moses het toe presies net so gemaak terwyl die oudste manne staan en kyk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel |
| Afrikaans 1983 | Ek sal daar reg voor jou op die rots by Horeb staan. Dan moet jy teen die rots slaan, en daar sal water uitloop vir die volk om te drink.” Moses het dit toe gedoen voor die oë van die leiers van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Ek sal daar voor jou staan op die rots by Horeb. Jy moet op die rots slaan, dan sal daar water uitkom, en die volk sal drink.” Moses het dit toe gedoen ten aanskoue van die oudstes van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal daar voor jou staan op die rots by Sinai. Jy moet teen die rots slaan, en dan sal daar water uitkom sodat die mense kan drink.” Moses het dit toe gedoen terwyl die leiers van die Israeliete gekyk het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | na die rots waar Ek vir jou staan en wag by Horeb. Slaan met jou kierie op die rots. Daar sal water uit die rots kom vir die volk om te drink.” Terwyl die leiers staan en kyk, het Moses op die rots geslaan. Daar het water uitgekom. |