Exodus 17:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: Gaan voor die volk uit en neem van die oudstes van Israel saam; en jou staf waarmee jy die rivier geslaan het, neem in jou hand en gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe vir Moses gesê: “Vat die stok waarmee jy op die Nylrivier geslaan het, gaan na die volk toe en vat ’n klomp van die oudste manne saam met jou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die Here vir Moses: “Loop voor die volk verby en neem van die leiers van Israel saam. Vat ook die kierie waarmee jy op die Nyl se water geslaan het, en stap vooruit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sê toe vir Moses: “Gaan voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam. Die staf waarmee jy die Nyl geslaan het, moet jy in jou hand neem. Gaan dan! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Loop voor die mense en neem 'n paar leiers van die Israeliete saam met jou. Neem jou kierie waarmee jy op die Nyl-rivier geslaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê toe vir hom: “Vat dieselfde kierie waarmee jy op die Nyl geslaan het. Vat ook ’n paar van die leiers van Israel saam met jou. Loop saam met hulle voor die volk uit |