Exodus 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volk was daar dors na water; en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors dood te maak? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle was egter baie dors en het weer na Moses toe gegaan en teen hom uitgevaar: “Waarom het jy ons en ons kinders en ons vee uit Egipte laat trek om hier van dors dood te gaan?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom? |
| Afrikaans 1983 | Maar die volk was dors en hulle het vir Moses verwyt: “Waarom het jy ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemor en gesê: “Waarvoor het jy ons uit Egipte laat optrek? Om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat sterf?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense was dors. Hulle het vir Moses beskuldig en hulle het vir hom gesê: “Hoekom het jy ons uit Egipte gebring om ons en ons kinders en ons diere te laat sterf omdat ons nie water het nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volk het so dors geword dat hulle Moses begin verwyt het: “Jy het ons en ons kinders en ons vee uit Egipte laat wegtrek sodat ons hier in die woestyn van dors kan doodgaan.” |