Exodus 17:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die volk met Moses twis en gesê: Gee vir ons water dat ons kan drink. Toe sê Moses vir hulle: Waarom twis julle met my? waarom versoek julle die HERE?
Afrikaans (NLV) 2011 Die volk het met Moses gestry. Hulle het van hom geëis: “Ons wil water hê om te drink!” Maar Moses het vir hulle gesê: “Waarom stry julle met my? Waarom tart julle die Here?”
Afrikaans 1933/1953 Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE?
Afrikaans 1983 Toe het die volk met Moses rusie gemaak en gesê: “Gee jý vir ons water om te drink!” En Moses antwoord hulle: “Waarom maak julle rusie met my? Waarom stel julle die geduld van die Here op die proef?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk het Moses verwyt; hulle het gesê: “Gee vir ons water sodat ons kan drink!” Moses het hulle geantwoord: “Waarom verwyt julle my? Waarom daag julle die Here uit? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete was toe kwaad en hulle het by Moses gekla. Hulle het gesê: “Gee vir ons water sodat ons kan drink.” Moses het vir hulle gesê: “Hoekom beskuldig julle my? Hoekom dink julle die Here kan ons nie help nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volk het met Moses aan die stry geraak. Hulle wou hê hy moes sorg dat daar genoeg water is vir hulle om te drink. Moses het vir hulle gesê: “Waarom kom staan julle nou met my en rusie maak? Hoekom tart julle die Here so uit?”