Exodus 17:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy het gesê: Omdat die HERE gesweer het dat die HERE oorlog sal voer teen Amalek van geslag tot geslag.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gesê: “’n Vuis is gelig teen God se troon. Die Here sal nooit ophou om teen Amalek te veg nie.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Amalek van geslag tot geslag.
Afrikaans 1983 Verder het Moses gesê: “Dit is die gedenkteken vir die oorwinning wat die Here gee. Die Here voer oorlog teen Amalek van geslag tot geslag.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gesê: “Omdat 'n hand teen die troon van die Here was, is daar oorlog vir die Here teen Amalek van geslag tot geslag.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “Die Here regeer. Hy het belowe dat Hy altyd oorlog sal maak teen die Amalekiete.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het gesê: “Die Here se vlag moet hoog in die wind waai. Die Here veg elke keer teen die Amalekiete.”