Exodus 17:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Skryf dit in 'n boek as 'n gedenkteken en herhaal dit voor die ore van Josua, want Ek sal die gedagtenis van Amalek heeltemal onder die hemel uitdoof.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het toe vir Moses gesê: “Skryf op wat vandag gebeur het sodat julle dit altyd kan onthou. Bevestig aan Josua dat Ek Amalek se naam totaal sal uitwis.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as 'n aandenking in 'n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Amalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.
Afrikaans 1983 Daarna het die Here vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde op in 'n boek as 'n blywende herinnering en lees dit vir Josua voor: Ek wil die Amalekiete heeltemal van die aarde af verdelg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Skryf dit in 'n •boekrol neer as 'n blywende herinnering, en stel dit duidelik aan Josua, dat Ek beslis die naam Amalek onder die hemel gaan uitwis. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet hierdie woorde in 'n boek skryf, sodat almal dit sal onthou en jy moet dit vir Josua lees: ‘Die Here wil die Amalekiete heeltemal wegvee van die aarde af.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet al hierdie dinge wat gebeur het, in ’n boek neerskryf. Jy moet dit ook vir Josua op die hart druk dat Ek gemaak het dat niemand op aarde ooit weer aan die Amalekiete sal dink nie.”