Exodus 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Josua het toe gedoen soos Moses vir hom gesê het en teen Amalek geveg; en Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het gemaak soos Moses vir hom gesê het. Hy het teen Amalek gaan veg. Intussen het Moses, Aäron en Hur teen die koppie uitgeklim. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Amalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim. |
| Afrikaans 1983 | Josua het toe gedoen wat Moses vir hom gesê het en hy het teen die Amalekiete gaan veg. Moses, Aäron en Hur het tot op die top van die heuwel uitgeklim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het toe, soos Moses vir hom gesê het, gereedgemaak om teen Amalek te veg; en Moses, Aäron en Hur het opgeklim na die heuweltop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het gedoen wat Moses vir hom gesê het. Hy het oorlog gaan maak teen die Amalekiete. Moses en Aäron en Hur het opgegaan tot bo-op die heuwel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josua het die manne gevat en die geveg met die Amalekiete gaan begin. Moses, Aäron en Hur het teen die koppie uitgeklim en bo-op gaan staan. |