Exodus 17:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele vergadering van die kinders van Israel het van die woestyn Sin af weggetrek, volgens hulle reise, volgens die bevel van die HERE, en laer opgeslaan in Ráfidim; en daar was geen water vir die volk om te drink nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete is van die Sinwoestyn af weg en die Here het hulle gelei totdat hulle by Refidim uitgekom het. Daar was egter nie genoeg water vir die volk om te drink nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in R fidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie. |
| Afrikaans 1983 | Nadat die hele volk Israel uit die Sinwoestyn vertrek het, het hulle op bevel van die Here van plek tot plek gegaan totdat hulle by Refidim kamp opgeslaan het. Maar daar was geen water vir die volk om te drink nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele volksvergadering van die Israeliete het op bevel van die Here, volgens hulle trekgroepe, weggetrek uit die Sinwoestyn. Hulle het by Refidim kamp opgeslaan, maar daar was nie vir die volk water om te drink nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat al die Israeliete weggegaan het uit die Sin-woestyn, het hulle van een plek na 'n ander plek gegaan soos die Here vir hulle gesê het. Hulle het later by Refidim hulle tente opgeslaan. Daar was nie water vir die mense om te drink nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het uit die Sinwoestyn weggetrek. Die Here het elke keer vir hulle gewys waarheen hulle moes gaan. So het hulle by Rafidim uitgekom en daar kamp opgeslaan. Daar was egter nie vir hulle water om te drink nie. |