Exodus 16:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Moses met Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel: Kom nader voor die aangesig van die HERE, want Hy het julle murmureringe gehoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses sê toe vir Aäron: “Gaan sê vir die Israeliete: ‘Kom voor die Here bymekaar, want Hy het gehoor wat julle teen Hom sê.’”
Afrikaans 1933/1953 Verder het Moses met Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel: Kom nader voor die aangesig van die HERE, want Hy het julle murmureringe gehoor.
Afrikaans 1983 Moses het toe vir Aäron gesê: “Beveel die hele gemeente van Israel om voor die Here te kom staan, want Hy het hulle verset opgemerk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses sê toe vir Aäron: “Sê vir die hele volksvergadering van die Israeliete, ‘Kom nader voor die Here, want Hy het julle gemor gehoor.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir Aäron gesê hy moet vir al die Israeliete sê: “Kom almal bymekaar, want die Here het gehoor wat julle van Hom gepraat het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het vir Aäron gesê om almal bymekaar te maak om voor die Here te kom. Die Here het gehoor hoe hulle oor Hom kla.