Exodus 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses: Dit sal wees as die HERE julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre brood ten volle; want die HERE hoor julle murmureringe wat julle teen Hom murmureer. En wat is ons? julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het ook gesê: “Omdat die Here gehoor het hoe julle oor Hom kla, sal Hy teen die aand vir julle vleis gee om te eet en soggens brood om van versadig te word. Dit was eintlik teen die Here wat julle gepraat het, nie teen ons nie.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Moses: D¡t sal gebeur as die HERE julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat die HERE julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen die HERE.
Afrikaans 1983 Verder het Moses gesê: “As die Here vanaand vir julle vleis gee en môreoggend oorgenoeg kos om te eet, sal julle besef Hy het julle verset teen Hom opgemerk. Dit was nie teen ons nie, maar teen die Here dat julle julle verset het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ja,” het Moses bygevoeg, “wanneer die Here vir julle vleis in die aand gee om te eet en brood in die oggend om julle versadig te eet, omdat die Here julle gemor gehoor het wat julle teen Hom gerig het. Wie is ons? Dit is nie teen ons wat julle gemor het nie, maar teen die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gesê: “Die Here sal vanaand vir julle vleis gee en môre-oggend brood, meer as genoeg kos. Hy sal dit doen omdat Hy gehoor het julle praat van Hom. Julle het nie vir óns beskuldig nie, julle het vir die Here beskuldig.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het vir hulle gesê: “Dit is eintlik nie oor ons dat julle kla nie. Julle kla oor die Here. Wanneer die Here vir julle vanaand vleis gee om te eet en môreoggend brood dat julle versadig kan word, moet julle besef dat die Here julle hoor kla het en dat Hy dit beskou as ’n aanklag teen Hom.”