Exodus 16:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal gebeur dat hulle op die sesde dag moet berei wat hulle inbring; en dit sal twee maal soveel wees as wat hulle daagliks insamel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die sesde dag moet hulle twee keer soveel as gewoonlik bymekaarmaak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel. |
| Afrikaans 1983 | As hulle op die sesde dag voorberei wat hulle ingebring het, moet dit dubbel soveel wees as wat hulle elke dag optel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die sesde dag moet hulle voorberei wat hulle inbring; dit moet dan twee maal soveel wees as wat hulle daagliks bymekaarmaak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hulle op die sesde dag die kos regmaak wat hulle opgetel het, dan sal daar twee maal meer kos wees as op die ander dae.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet gereedmaak om elke keer op die sesde dag twee keer meer huis toe te bring as wat hulle normaalweg elke dag bymekaarmaak.” |