Exodus 16:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; en die volk moet uitgaan en elke dag 'n sekere bedrag insamel, dat Ek hulle kan toets of hulle in my wet sal wandel of nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het toe vir Moses gesê: “Ek gaan vir julle kos uit die hemel laat reën. Die volk kan elke dag uitgaan en genoeg kos vir die dag bymekaarmaak. Ek gaan hulle toets om te kyk of hulle na my wil luister of nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
Afrikaans 1983 Toe het die Here vir Moses gesê: “Let nou mooi op. Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reën. Dan moet die volk elke dag gaan en dié dag se voorraad optel. So sal Ek toets of hulle my opdrag wil nakom of nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën; dan moet die volk uitgaan en genoeg vir elke dag bymekaarmaak, sodat Ek hulle kan toets of hulle my wet sal volg of nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal nou vir julle brood uit die hemel laat reën. Die mense moet gaan en hulle moet genoeg optel vir elke dag. So sal Ek kan sien of hulle wil doen wat Ek sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê toe vir Moses: “Ek gaan vir julle kos van bo af gee. Die volk moet dit elke dag bymekaarmaak. Dit sal vir My wys of hulle bereid is om te leef soos Ek wil hê.