Exodus 16:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in 'n bewoonde land gekom het; hulle het manna geëet totdat hulle by die grense van die land Kanaän gekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het Israel manna geëet vir 40 jaar lank totdat hulle weer in ’n bewoonde gebied gekom het. Hulle het manna geëet tot hulle by die grens van Kanaän aangekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in 'n bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het veertig jaar lank manna geëet; hulle het dit geëet totdat hulle bewoonde gebied bereik het, tot hulle by die grens van Kanaän gekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het die manna veertig jaar lank geëet, totdat hulle by bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän aangekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het 40 jaar lank manna geëet, totdat hulle by die land gekom het waar hulle kon woon. Hulle het manna geëet totdat hulle by Kanaän gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het vir die volgende 40 jaar manna geëet. Dit was hulle kos totdat hulle in Kanaän aangekom het waar hulle kon plant en oes. |