Exodus 16:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses vir Aäron: Neem 'n pot en gooi 'n gomer vol manna daarin en sit dit voor die aangesig van die HERE neer om vir julle geslagte bewaar te word.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het vir Aäron gesê: “Maak ’n houer vol met twee kilogram manna. Bewaar dit waar die Here aanbid word dat die nageslag dit kan sien.”
Afrikaans 1933/1953 Moses sê toe vir Aäron: Neem 'n kruik en gooi 'n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die HERE neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.
Afrikaans 1983 Moses sê toe vir Aäron: “Vat 'n kruik en gooi twee liter manna daarin. Sit dit dan voor die Here neer sodat dit vir julle nageslag veilig bewaar kan word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom het Moses vir Aäron gesê: “Neem een kruik, plaas 'n volle omer manna daarin, en sit dit voor die Here neer om te bewaar vir julle nageslagte.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het toe vir Aäron gesê: “Neem 'n kruik en sit 'n omer manna daarin. Sit dit dan neer voor die Here en bêre dit vir julle nageslag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het vir Aäron die werk gegee om twee kilogram manna in ’n kleipot te sit. Hy moes dit voor die Here gaan neersit om dit vir die nageslag te bewaar.