Exodus 16:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses: Dit is die saak wat die HERE beveel: Vul 'n gomer daarvan om vir julle geslagte in bewaring te hou; sodat hulle die brood kan sien waarmee Ek julle in die woestyn gevoed het toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het vir hulle gesê: “Die Here het gesê ons moet twee kilogram manna vir die nageslag bewaar sodat hulle kan sien watter soort kos die Here ons laat eet het toe Hy ons uit Egipte bevry het.”
Afrikaans 1933/1953 Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: 'n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.
Afrikaans 1983 Moses het ook nog gesê: “Die Here het beveel: 'n Volle twee liter manna moet vir die nageslag bewaar word sodat hulle die kos kan sien wat Ek julle in die woestyn gegee het nadat Ek julle uit Egipte bevry het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het gesê: “Dit is wat die Here beveel het, ‘'n Volle omer daarvan moet bewaar word vir julle nageslagte, sodat hulle die brood kan sien waarmee Ek julle in die woestyn gevoed het toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het ook vir hulle gesê wat die Here nog gesê het: “Julle moet 'n omer manna bêre vir julle nageslag sodat hulle die kos kan sien wat Ek vir julle in die woestyn gegee het toe Ek julle uit Egipte gebring het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het ook gesê: “Die Here het gesê ons moet twee kilogram manna vir die nageslag bewaar. Hulle moet sien watse soort kos die Here vir die Israeliete in die woestyn gegee het om te eet.”