Exodus 16:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die huis van Israel het die naam daarvan Manna genoem, en dit was soos koljandersaad, wit; en die smaak daarvan was soos wafels wat met heuning gemaak is.
Afrikaans (NLV) 2011 In Israel is hierdie kos toe “manna” genoem. Dit was wit soos koljandersaad en het na heuning geproe.
Afrikaans 1933/1953 En die huis van Israel het dit MAN genoem. En dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.
Afrikaans 1983 Die Israeliete het die kos manna genoem. Dit was wit soos koljandersaad en het soos heuningkoek gesmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die huis van Israel het dit man genoem. Dit was wit soos koljandersaad, en dit het geproe soos soetgebak met heuning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het die kos “manna” genoem. Die manna was wit en dit het gelyk soos koljander-saad. Dit het gesmaak soos heuningkoek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het hierdie brood “manna” (dit beteken “Wat is dit dié?”) genoem. Dit was wit soos koljandersaad en het gesmaak soos iets met heuning in.