Exodus 16:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het dit tot die môre toe neergesit, soos Moses beveel het, en dit het nie gestink nie, en daar was geen wurm in nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het gemaak soos Moses gesê het en die kos wat oorgebly het, het hulle tot die volgende oggend gehou. Dit het nie sleg geword nie en geen wurms het daarin gekom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het dit weggesit tot die volgende oggend soos Moses beveel het, en dit het nie sleg geword of miet gekry nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het dit weggesit tot die oggend soos Moses beveel het. Dit het nie gestink nie en daar was nie maaiers in nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het gedoen wat Moses gesê het. Hulle het die kos gebêre tot die volgende oggend. Dit het nie sleg geword nie en daar het nie wurms in die kos gekom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het gemaak soos Moses gesê het hulle moet maak. Hulle het dit vir die sewende dag gebêre. Dit het glad nie sleg geword nie. Daar het ook nie goggas in gekom nie. |