Exodus 16:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hulle: Dit is wat die HERE gesê het: Môre is die rus van die heilige sabbat aan die HERE; bak wat julle vandag sal bak, en kook wat julle sal kook; en wat oorbly, bêre vir julle om tot die môre toe te bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het vir hulle gesê: “Die Here het bepaal dat daar ’n rusdag moet wees. Môre is dit die Here se Sabbat. Bak en kook wat julle vir vandag nodig het en laat die ander vir môre oorbly.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die HERE gespreek het: M“re is dit rusdag, 'n heilige sabbat van die HERE. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.
Afrikaans 1983 sê hy vir hulle: “Dit is soos die Here gesê het: Môre is 'n rusdag, 'n gewyde sabbat van die Here. Maak alles gaar, bak wat julle wil bak, en kook wat julle wil kook, en wat oorbly nadat julle geëet het, moet julle wegsit en bewaar vir môre.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir hulle: “Dit is wat die Here gesê het, ‘Môre is dit 'n buitengewone Sabbat, 'n heilige Sabbat tot eer van die Here. Wat julle wil bak, moet julle bak, en wat julle wil kook, moet julle kook. Alles wat te veel is, moet julle veilig bêre tot die oggend.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir hulle gesê die Here het gesê: “Môre is 'n rusdag, 'n gewyde Sabbatdag vir die Here. Julle mag vandag alles bak wat julle wil bak en alles kook wat julle wil kook. Alles wat oor is, moet julle bêre tot môre-oggend.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir hulle gesê: “Dit is soos die Here gesê het ons moet maak. Môre is die Here se dag waarop ons moet rus. Julle moet reeds vandag gaarmaak wat julle vir môre nodig gaan hê. Bak vandag wat julle wil bak en kook wat julle wil kook. Wat te veel is vir vandag, moet julle regsit om môre op die rusdag te eet.”